Shabat shalom

Ek het nie gister geskryf nie, gedeelteliks omdat daar nie veel was waaroor ek wou skryf nie en gedeelteliks omdat ek te moeg was!

Ons dag het begin waar ons op n gedeelte van die muur om Jerusalem (die ou stad) geloop het, daarna is ons na die garden tomb waar sekere mense glo Jesus gekruisig en begrawe is maar dit is nie wetenskaplik moontlik nie. Dit was n mooi tuin! Daarna is ons na Salamo se grotte toe en toe het ons na die roman plaza gegaan wat n ooorspronklike deel van die ou Jerusalem is. Die deel is nou onder die nuwe stad. Jerusalem is deur die geskiedenis al 7 keer afgebreek en 8 keer opgebou! So die stad is glad nie meer die stad wat dit was in die tyd van Jesus nie,maar dis great dat die nuwe stad op die afdruk van die ou stede gebou is,soos wat die nuwe testament op die ou testament gebasseer is. Ons het lekker schwarmas in die arabiese kwartiere gekoop en n sak kersies vir 10 shekel gekoop, dis so R22. Wat!? Daarna het is ons na reinigings baddens gegaan wat bewyse is van waar die tempel eintlik gebou was en nie by die westerse muur waar almal vandag bid nie. Ons is huis toe, ekt n laaaang middag slapie gevat en daarna het ons lekker geeet. Toe het Jacques weer gaan busk maar sulke joodse ouens wat baie swak elektriese guitar speel het sy shine gesteel want hulle het n amp gehad. Hy’t darm so 20 shekel gemaak. Toe’t ons roomys geeet saam met ons nuwe vriende Johan en Marike (hulle is wonderlik), ons het koffie op die dak gedrink, Jacques het van sy liedjies vir hul gespeel en toe het ons gaan slaap. Dis hartseer om nuwe mense te ontmoet waarmee mens so goed oor die weg kom en te weet dat mens hulle net vir so kort tydjie gaan sien en dan moet groet.

Vandag was n lekker dag! Oom Gerrit het eers met ons gepraat oor songodaanbiddery, waar dit vandaan kom en hoe dit verskillende kerke beinvloed en geinfiltreer het. Dit was baie interessant! So daar was hierdie ou, sy naam was Nimrod, ek dink hulle praat van hom in die bybel. Hy was koning maar hy’t n secret affair met sy ma gehad. Sy word toe swanger (jig) maar Nimrod is toe deur n wildevark doodgemaak terwyl hy gaan jag het. Sy ma weet toe nie wat om te doen oor die swangerskap storie nie en sy maak toe die storie op dat Nimrod nou die songod geword het en dat sy weer n maagd geword het en dat die songod of Nimrod nou weer deur haar gebore gaan word. Hulle noem haar toe die hemelkoningin. Haar seun, Tamouz is rondom Maart/ April geconceive en in Desember op die aand van die 24ste gebore. Dus het daar twee feeste ontstaan om hom te aanbid, die fees van Eseter en Kersfees. Daarom het mense op die 24ste Desember begin om kerse aan te steek in aanbidding van die songod Tamouz.

Toe, 300 jaar na Christus was Konstantyn aan bewind en sy ma en hy was albei songod aanbidders. Sy het toe n klomp plekke in Jerusalem gelable as plekke waar sy besluit het Jesus gekruisig en begrawe was ens. Daarom sien mens nogsteeds baie tekens van songodaanbiddery in katedrale ens. Die prent van die vrou met die baba (wie ek altyd gedink het Jesus en Maria is) is toe eintlik die songod en sy ma die hemelkoningin, daarom het hulle halos om hulle koppe. Dit het ook blykbaar baie tedoen met vryemesselary. Anyhoo, ons was vandag by die church of the holy cepelcre waar baie mense glo Jesus ook gekruisig en begrawe is, maar weereens is dit onmoontlik. Daar is n huge katerdraal gebou, dis deel van die via de la rosa. Die mense daar gaan mal! Daar is n slab op die vloer in die katedraal waar hulle se Jesus gebalsem is maardaar staan geskryf dat daar nie eers tyd was om hom te balsem nie. Mense vryf hulle vorrkoppe en sakdoeke en elke ding op hierdie klip asof hulle van dieselfde balsem op hulle gaan kry. n Vrou het blykbaar een keer met n inspuiting probeer om olie uit die klip te trek en dan is sy graf ook daar maar als is tipies vanaf songodaanbiddery. En die armemense wat soontoe gaan wil net naby aan Jesus wees, dis uit onkunde. Dis jammer. Hulle is lief vir Hom en ek glo Hy sien dit, dis net jammer dat mense mislei word.

Anyhoo, ek vertel maar net waar als vandaan kom. Wat dit vir jou beteken is jou eie ding. Ek was altyd baie rebels teen die hele kersfees is heidens ding maar ek verstaan nou meer waar dit vandaan kom. Ek hou van kerstyd omdat dit n familie tyd is en omdat families gewoonlik bymekaar kom. Maar mens hoef dit nie noodwendig op die 25ste te hou nie. Anyway, dis maar net waaraan ek dink. Besluit maar self.

Daarna het ons en Johan en Marike die lekkerste kaaskoek gaan eet in die oustad by die christ church koffie winkel. Ons het
Vanoggend ons wasgoed laat was so ons het dit gaan haal voor al die winkels toe gemaak het vir shabat. Ons is so 18:30 na die wailing wall (die een wat hul glo ooris van die tempel) vir die aanbreek van shalom. Mense het in hul duisende na die muur gestroom om te gaan bid en vrouens en mans het gesing. Dit was joyous! Van die joodse mans het sulke pels hoede aan, hulle is blykbaar russiese jode en hul hoede is van beer pels gemaak, ek wou dit die heeltyd vryf. Dit lyk so sag.

Daarna is ons terug huis toe om shabat maaltyd te hou. Ons het vrek lekker geeet! Na ete het ons en Marike en Johan op die dak gesit en Jacques het vir ons gesing. Hulle voel soos familie, dis asof ons hulle al jare ken! Dis so lekker! Nou gaan ons slaap en more is shabat, n rusdag. Die strate is tjoepstil, al die winkels is toe en almal rus. Dis eintlik te lekker! Nag almal. Shabat shalom.

20120630-000143.jpg
Berge kersies

20120630-000225.jpg

20120630-000249.jpg
N stegie in die arabiese kwartiere

20120630-000344.jpg
Die plek waar hulle glo Jesus begrawe is, dis onmoontlik

20120630-000434.jpg
Die aanbreek van shabat by die wailing wall

20120630-000529.jpg
My trouring is hier gemaak!

20120630-000653.jpg
Jacques flirt met die joodse meisies

3 thoughts on “Shabat shalom

  1. julle adventures is so lekker om te lees. voel asof ek saam gaan 🙂 nooit geweet oskar is iin israel begraw nie. daai fliek het my baie onstel toe ek dit in std 7 moes kyk. geniet dit verder en dankie vir die deel. ek leer sommer iets by al julle ervarings 🙂

  2. Uitein
    delik werk my internet weer! jerusalem klink regtig awesome! sal graag eendag wil gan saam julle! More terug europa toe!!! kan nie wag om te hoor nie! Ons lekker naweek in bos gehad, Dian rooibok geskiet!…. lief ve julle!

Leave a comment