03.09.15 Tuis en so dankbaar daarvoor

Ons het Woensdag oggend opgestaan en begin pak. Mens dink dat jy min goed gekoop het, tot jy jou tas probeer toe kry.

Ons het ‘n laaste ontbyt gaan eet in Naarden. Laaste inkopies gedoen (al het ons nie plek in ons tasse gehad nie). En vertrek na die lughawe. Ons het baie plek op die vliegtuig gehad en ek en Anán het drie sitplekke vir onsself gehad!

Ek besef dat ek nie so hartseer is soos toe ons die vorige keer daar weg is nie. Miskien is dit omdat ek die gevoel het dat ons weer sal gaan, of miskien omdat ek ‘n paar goed besef:

Ons taal en vel is nae aan hulle s’n, maar ons binnegoed is anders. Afrika het ‘n manier om jou te vorm, ek dink nie mens sal dit ooit kan verander nie.

Ons is so eenders, maar so anders. Ek dink ook dat dit baie lank sal wees, indien ooit, voordat hul soos my mense sal voel.

Hul reëls is rigied en hul hou daarby, en dit is waarom hul so goed funksioneer. Maar dit veroorsaak ook dat hul soms soos robotte optree.

Hul eet koek vir ontbyt, maar hul is maer en aktief en nie bang  om ver te loop nie.

Hul land is skoon en groen, en hul dink aan die toekoms. Hul neem verantwoordelikheid vir hulself want hul besef dat elkeen sy kant moet bring om ‘n verskil te maak. Ek besef ons kla so baie oor die rommel en die ashope maar hoeveel van ons herwin.

Ons koffie wen. Ver. Hulle koffie is duur en nie baie lekker nie. Ons restaurantjies het by vêre baie beter gehalte kos vir baie goedkoper!

Ons mense is vriendelik en toeganklik. Dit het soms vir my gevoel of ek belangstel in hul lewens maar hul is tevrede om niks te weet oor my nie. Dit is natuurlik ‘n veralgemening. Ons het wonderlike vriende in Europa.

Hul is liberaal. Hul is modern. Hul het die lekkerste sjokolademelk. Ons kan so baie by hulle leer.

Hulle het ‘n pragtige land. Maar dit het ons in gemeen. Ons het ‘n pragtige land, met mooi, vriendelike mense. Ons land het baie probleme, maar ook baie potensiaal.

Dis nie perfek hier nie, maar dis myne. Ek is dankbaar om hier te woon, en ek sal dit nooit veruil nie. Nie eers vir ‘n leeftyd se sjokolademelk nie.

|Jy vir my| |Stef Bos|

Jy het die weg gewys
Jy het my heel gemaak
Jy het my thuis laat kom
Jy het my hart geraak

En waar ek gaan of staan
Ek dra jou in my mee
Jy het my weer laat sing
Jy het my stem gegee

Ek sal nie altyd aan jou kant staan
Maar ek volg jou tot die eind
Al sal die passie ook verby gaan
Toch sal die liefde nie verdwyn

Want jy’s vir my nie jou verlede
Jou sentiment jou Ossewa
Jy’s vir my alleen die toekoms
Jy vir my Suid-Afrika

Ik kwam als een vreemde hier
Lange geleden aan
Jy het met my gepraat
Ek het jou leer verstaan

Ek ken jouw skaduwekant
Ek weet hoe jy kan wees
So Innenemend en geslote
Soms so koud als die weskussee

Maar jy’t my altyd weer ontvang
Met open arms op my gewag
Jy was die uitweg uit die donker
Jy was die daglig na die nag

Jy’s vir my nie jou verlede
Jou sentiment jou Ossewa
Jy’s vir my alleen die toekoms
Jy vir my Suid-Afrika

Dus doe jou grijse mantel uit
Van koude trots en selfverwyt
Want die plek die sy onskuld
Het verlore
Es ook die plek waar die liefde
Word gebore

Jy’s vir my nie jou verlede
Jou sentiment jou Ossewa
Jy’s vir my alleen die toekoms
Jy vir my Suid-Afrika

image

image

image

image

One thought on “03.09.15 Tuis en so dankbaar daarvoor

  1. Baie dankie Danèl vir die stuk en vergelyking. Ek voel so trots om Suid-Afrikaans te wees! En die maand van September gaan ons herwin en ons land vier so ek LIKE jou post! Liefies
    Janet

Leave a comment