Nog ‘n dag in die ou stad

04.06.2017

Ons het bietjie gechill by ons apartment na ontbyt im moed bymekaar te skraap vir die hengse bult wat gewag het. Dit was ook bloedig warm. 

Toe is ons weer af na die stad. Anán wou weet net self loop. Ek en Jacques en Anán het eers gaan pizza soek, en ons het dit in ‘n mooi stegie gekry… Daarna was Anán natuurlik lus vir roomys, en sy en Jacques het elkeen ‘n cone by die roomysplek gekry waar ons die vorige dag was. Toe het ons die stad bietjie verken.

Ek het die suurlemoenbome gekry wat ek en my ma afgeneem het in 2006. Baie groter maar nie meer so gesond.

Daar is ‘n groot fontein aan die punt van die hoofstraat, met vars water wat uit die berg kom. Dit is blykbaar hoekom die stad daar gebou is. 

Ons loop toe uit, verby die fontein, en daar word Jacques se vakansie gemaak. ‘n Regte goudsmit in sy leergewaad, staan by stalletjie en verkoop munte wat hy self ontwerp en maak met so moerse hamer. Daar is ook messe. Die ou lyk soos ‘n regte viking. Nadat Jacques uiteindelik vir hom ‘n hangertjie met ‘n munt daaraan gekies het, het hy saam met die ou ‘n foto geneem. Hy wou die ou om die skouer vat vir die foto, maar die ou sê toe: “No don’t  hug me, I am not a girl”. Haha!

Ek het vergeet om te vertel dat Jacques die vorige aand vir die waiter by die restaurant, met ‘n ernstige gesig gevra het, of hulle wifi-kepifi het of eerder “wiefie-kepiefie”. Jean het net sy kop geskud en ek het dit amper verloor van die lag. Die waiter het niks agtergekom nie en die kode gebring. 

Anyway, op en af met duisende trappe wat Anán self wou uitklim, en toe is ons moeg en wou ons huis toe gaan. Toe is dit weer oppetie-op met die berg. Ek het gemeet dat dit net 1km is, maar dit vat mens omtrent 30minute! 

By die huis het ons gelees en gerus. Toe geëet en ‘n laaste keer vir die ou beligte stad gekyk van die stoep af, en gaan slaap. 

Hydrangeas Vir Anza

The climb
‘n Vriendin het hierdie boek voorgestel voor ons gekom het, toe lê hy in ons apartment! Wats die kans? Die vrou van die gastehuis het gesê ek kan hom maar saamneem.
Paprika hoender vir aandete a-la-Isabella.

Leave a comment