07.01.2019 en 08.01.2019 Peace of Eden

Ons het oraait geslaap in die tentjie. Almal oor mekaar. Half op half af. Elgin het ook weer met sonopkoms ontwaak en ek het maar besluit om met haar te gaan stap sodat Jacques en Anán nog bietjie kon slaap.

Terug by die kampplek het ons besluit om op te pak en dan tot by die boogrots te stap om te swem. Die pakkery voel altyd of dit so vinnig moet gebeur maar dan is ons eers ure later klaar.

Keurboomstrand is idilies. Dit voel ongerep en amper wild met die kranse se knieë so in die see. Mens kan net met laagwater gaan stap, want met hoogwater kom die see so hoog op dat jy nie verby die rotse kan loop nie.

Ons het weer ontbyt by Thyme & Again geëet en is ook by ‘n franse bakkery in Plett aan vir hulle befaamde amandel croissants.

Daarna is ons George se rigting met afwagting oor waar ons die aand sou slaap! Jacques vind toe ń kampplek naby Rheenendal op air bnb wat baie aanloklik klink: “for star gazers and nature lovers”. Ons moes net gaan kyk hoe dit is.

Op pad sien ek toe ander verblyf, wat ek pertoeval op air bnb raakgesien het. Ons besluit om daar te gaan kyk want hulle het ook kothuise beskikbaar, en ons was lus vir bietjie beskawing. En so land ons toe ny Peace of Eden. Pertoeval toe ook ń vegan lodge. Ons het bespreek vir aandete en raak toe aan die gesels met die eienaares. En soos die toeval dit sou hê is haar man toe ń vreeslike talentvolle musiekvervaardiger met ń droom studio op die perseel. Hy werk saam met internasionale kunstenaars en Jacques sink daaraan om in die toekoms saam met hom te werk aan sy volgende album. Destiny.

Ons het heerlik geëet en geslaap en wakker geword van reën op die sink dak.

Daarna is ons George se kant toe om by vriende oor te bly voor ons die volgende dag Hoekwil toe draai. Ons het heerlik daar gekuier en geslaap.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s