09.01.2019 – 13.01.2019 Hoekwil

Ons het heerlik gekuier en geslaap. Ons het onbyt geëet by die Deacon Bistro in George. ń Lieflike restaurant met heerlike koffie en ‘n pragtige tuin! Anán het ook die speelarea vreeslik geniet!

Daarna is ons na ona gunsteling: Hoekwil. My skoonouers was op pad huis toe van Jongensfontein af en het ona by Hoekwil Café gekry voor hulle verder is op hulle pad.

Ons het uitgesien om ons goeie vriende, Linda en Johan, te sien. Ons het ook uitgesien na 4 nagte in Hoekwil! Hulle was so gaaf om ons in een van hulle gastehuisies te laat bly. Hulle doen darem goed met smaak. Die kothuise is lieflik met die mooiste dekor uitsig oor die berge.

Ons het die eerste aand lekker by Linda hulle gaan eet.

Die volgende dag het ons tradisioneel by Hoekwil Café onbyt gaan eet. Daarna is ons huistoe om te rus. Nadat die kinders (en ons) ń middagslapie gevat het, wou Anán gaan swem. Dit was koud maar sy het daaroo aangedring.

Ek is die middag gou Wildernes toe om goed te kry vir aandete. Ek het myself behoorlik ingeleef en gesien hoe ek daar bly eendag.

Linda, Johan en Johan jr. het by ons kom eet. Dit was ń windstil aand en ons kon heerlik buite sit. Die son het ook asemrowend oor die berge gesak!

Na ‘n lekker aand van kuier, wyn en kos is hulle huis toe.

Die volgende oggende het Linda my kom haal sodat ons saam kon draf na die poele by dieprivier onder klawerbult waar Johan se sussie bly. Die plan was om net 2 van hul 3 honde, Willis en Jesse, saam te vat. Winnie kan nie eintlik meer draf nie. Sy is stokoud. Maar wanneer sy sien dat daar gedraf gaan word is sy weer kinderlik aan die huppel, en maak sy of haar heupe nog die van ń 3 jarige is. So daar is sy toe saam. Ons het die 2.3km tot by die poele gedraf. Jy moet teen ń steil helling af deur bosse voordat jy by die poele uitkom. Dit is prentjie mooi daar. ń Groot diep poel in die middel van natuurlike bos met die skoonste water uit die berg. Winnie is vir die eerste keer daar en swem toe te heerlik. Net die koppie wat uitsteek met voetjies al wapperend onder die water. Die swemmery en drawwery het haar natuurlik doodmoeg gemaak. So Moeg dat sy toe nie weer die steil helling kon uit nie. En daar is die operasie Red Winnie. Linda voor en ek agter. Dit is NIE maklik om ń oorgewig Labrador by ń berg op te stoor nie. Maar ons het. En Winnie lewe. En dit was die moeite werd. Sy is ń voorbeeld vir ons almal.

Jacques is George toe om die bussie se bande te ruil en die voorruit te vervang. Ek het by die kinders gebly. Die aand is ons saam met Linda hulle Kaaimans Restaurant toe waar ons lekker geëet het. Die restaurant is net onder die pas gebou tussen oupa en ouma melkhoute. Hulle het dit baie konsidererend gebou en nie sie natuur te veel versteur nie. Die restaurant is op die rivier oewer en bedien heerlike kos. Dit het begin reën net toe ons klaar geëet het.

Die Saterdagoggend is ons Sedgefield toe na die Wild Oats Mark. Die mense van peace of Eden het ń vegan stalletjie daar en ons het weer van hulle lekker kos geëet. Ons het ook nog goed vir ons huis gekoop. Asof ons so baie plek in die bussie het met die plantjies en goedjies wat ons so saamry.

Ons het by Timberlake organic village buite Wildernes gestop vir nog koffie en ietsie te ete. Dit is ń moet stop as jy in die area. Mooi winkeltjies en lekker kos!

Dit was Johan se verjaarsdag partytjie en ons is laatmiddag na hulle huis toe. Ons het lekker saam met hulle vriende gekuier. Johan het ń pot gemaak en vir my groente sosaties gebraai! Heerlik!

Ons het die laaste aand geniet en was jammer dat dit vir eers verby was. Tyd staan altyd stil in Hoekwil.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s