Vliegtuie, treine en ń bus

29.08.2019

Ons is weer op pad. Spanje saam met die Erasmusse (en Winterbach) vir 2 en ń half weke. En dan ook ń knippie Duitsland en Switzerland.

Dit voel altyd vir my onwerklik wanneer ons oorsee vlieg. Dis asof ek dit nie besef tot ons ‘auf wiedersehen’ of ‘bonjour’ hoor nie. Die de Villierse (Louis, Isabella en Jean) het ons lughawe toe geneem. Ons het ingecheck, ietsie geëet en toe deur gegaan om die laaaaang reis, met twee kinders (onder 5) aan te pak.

Ons het ń twedehandse tweeling drafkarretjie of stootwaentjie gekoop. Hy is baie cool!

Ons het met Emirates gevlieg, met ń oorstop op Dubai lughawe en dan verder vlieg tot op Zurich. Die vlug van Johannesburg na Dubai was lank. Anán het gelukkig haar eie sitplek gehad en het die hele vlug deur geslaap. Elgin het (nadat ons haar bietjie aangehelp het) ook aan die slaap geraak, en ek het haar in ń wrap aan my vas gemaak sodat sy nie val as ek ook slaap nie. Dit het goed gewerk, maar jy voel naderhand 10kg op jou skoot na 6ure.

ń Rukkie nadat ons opgestuig het, het Jacques ń vloeistof bo die mense voor ons,se koppe sien drip, toe by ons, toe agter ons en omtrent 6 rye terug het die vloeistof begin stroom. Almal ruik en proe aan die onbekende vloeistof. Is dit water? Is dit giftig?

Dit was wyn.

Besigheidsklas op die vloer bo ons het dalk ń bietjie te veel ontspan en ń bottel laat breek en die syfer toe deur. Rooiwyn wat oral deur die liggies drip. Die ‘cabin crew’ het dit gelukkig opgelos en ons kon sonder te veel ongerief verder vlieg.

Ons het 03:30 (05:30 Dubai tyd) in die Dubai geland. Omtrent 100km geloop tot by ons volgende vlug. Daar gewag vir 2ure. Lus geraak vir koffie. Kan mos nie soooo duur wees nie, dalk twee keer so duur, dalk 3 keer. Nogsteeds die moeite werd? R400 vir 2 koffies en ń lemoensap. En dit eers besef nadat ons dit betaal het. 98 Dirham. Duurste koffie wat ons ooit sal drink.

Uiteindelik op die volgende vliegtuig. Nog 7 ure tot in Zurich. Kinders het darem weer die helfte van die tyd geslaap. Ons het ook bietjie geslaap en daar het geen wyn van die dak af gedrip nie.

13:00 in Zurich geland. Ons het die aand in die dorpie Gommiswald, 50km suid van Zurich, geslaap en moes op ń manier daar kom. Maar met twee kinders, 5 tasse, ń stootwaentjie en twee karstoeltjies is dit egter nie so eenvoudig nie. ‘One does not simply’ travel with so many things.

Gelukkig is daar toe ń diens op die lughawe waar ons ons bagasie oornag kon los. Ons het ń oornagtassie gepak en net die stootwaentjie gevat. Treinkaartjies gekoop en weg is ons. Die trein was aanvanklik vir die kinders baie opwindend, maar na so uur was hulle gatvol. Dit was ń vreeslike mooi roete na ons dorpie. Verby berge, bome en mere.

Die stootwaentjie is baie cool. Maar dit is breed. Breed soos ń rolstoel. Wat publieke vervoer ń bietjie moeiliker maak. Ons wiele het b.v vasgehaak toe ons die eerste trein moes vat, wat toe veroorsaak dat ons die trein mis. Darem is daar nie net een trein nie. Twee treine en ń bus neem ons toe tot by ons gastehuis. Die busstop is letterlik oorkant die gastehuis.

Die vriendelikste mense het ons verwelkom. Marcel is van Switzerland en sy vrou is van Mexico.

Ons het ons goed neergesit en vir ons aandete by die supermark gaan koop. Wat maar 2 blokke se stap ver was. Daar is niks wat smaak soos ń broodjie met europese kaas en mayonnaise nie. Ons het natuurlik ook bier en sjokolademelk gekoop. Switzerland is nie so goedkoop nie. En die eenvoudige etetjie het ons R500 gekos.

Ons het geëet en vroeg in die bed geklim.

Koffie en beskuit toe ons opstaan (sien die beskuitverslaafde met beskuit in haar hand)
Busstop oorkant ons gastehuis
Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s