Barcelona, how can I forget?

Ons het nie besef wat hierdie dag sou inhou nie. Maar opgewonde was ons opgewonde.

Jacques, Francois, en Dian het met die kinders gaan draf.

Koffie en beskuit. Baguette en eiers en Nutella, natuurlik. En toe is ons weg. 700m na die naaste busstop (waartydens ek my ongelooflike vaardigheid in Spaans gebruik het, haha). Dondé esta el autobus?

Met ń bus na die treinstasie, met ń trein na Barcelona.

Spanje is anders as die res van Europa. Die mense is vriendeliker en warmer. Dis nie styf nie en die reëls word gevolglik nie so streng nagekom nie. Maar dit voel lekker. Barcelona se natuur lyk soos ń mengsel van Nelspruit en Kaapstad.

By die treinstasie uit die stad in is ons sommer dadelik voor een van Gaudi se casas: Casa Batllo. Hy was regtig ń moderne denker. En so kreatief met sy mosaiek en draatjies en detail. Barcelona is mooi. Dit herinner aan ń vriendelike Parys. (Parys, Frankryk, nie Parys, Vrystaat nie). Ons het sommer vinnig ń roomys gekoop en gestap in die rigting van La Rambla, wat soortgelyk is aan die Champs Elysees, maar daar is nie karre nie. Dis ń pragtige loopweg wat tot by die hawe gaan.

Daar is ń groot mark: Boqueria mark, net af van die La Rambla af. Besig en vol, waar ons iets gegryp het vir Middagete en gedroom het hoe ons dit in ń groen park gaan eet. Daar was nie groen gras nie, maar darem ń parkie vir die kinders om te speel. Daar was Poolse mense wat by ń restaurantjie langs die parkie geëet het en Anán het maatjies gemaak met hul dogtertjie. Sy kon darem bietjie Engels praat en hulle het saam ‘treasure’ gesoek. Elgin het duiwe gejaag.

Dit was warm en bedompig: soos Durban. Jacques was so lus vir ń bier en ons koop toe maar 4 biere om by die restaurantjie te sit (al 9 van ons). Toe het ons weer moed om verder te gaan.

Ons wou gaan kyk na ń befaamde café: Forest of the Fairies. Dis letterlik ń mensgemaakte woud met feetjies in hoekies. Pikdonker met lampies wat uit die bome hang. Natuurlik was Jacques in die hemel. Dit was ook yskoud binne en ons wou net daar bly. Maar ons moes aanbeweeg want daar was nog baie te siene voor ons 19:00 by die La Sagrada Familia moes ingaan.

Ons het na die hawe toe gestap en van daar af in die rigting van die Gothic Quarters. Vrugte gekoop vir die kinders en bier vir ons.

Weer ń parkie gevind en gesit terwyl ons na ń man luister wat spaanse musiek op sy kitaar speel en sing. Elgin en Anán het gedans. Dit was ń oomblik van hemel. Jacques het die oggend vertel dat hy iewers gelees het, dat die enigste manier om nuwe herinneringe te bou, is om in die oomblik te leef. En elke nou en dan het ek te midde van die chaos probeer om die oomblik te sien. En dan was ek regtig in die hemel.

Hier wil ek net dalk die prentjie bietjie inkleur of bekrap. Want dit klink baie idilies soos wat ek dit bo geskryf het.

Die stootkarretjie wat ons gedink het so ‘cool’ is, is nie vir ons kinders so ‘cool’ nie. Ons moes hulle letterlik met lekkergoed afpers om daarin te sit. Gevolglik moes ons hulle 50% van die tyd dra. En ek het die drasak by die gastehuis vergeet. Dit was soos hemel en hel in een dag. Anán het heeltyd warm gekry en wou self loop want sy wil oefen.

By die parkie besef ons gelukkig dat ons voor ń sekere tyd die trein terug moet vat omdat die laaste trein op ń sekere tyd vertrek. Ons wou eers probeer om ons kaartjies na die Sagrada te skuif, maar moes daarheen loop om uit te vind en dit was ver. Dit was egter ń baie mooi maar uitdagense stappie daarheen. Elgin het uiteindeik aan die slaap geraak. Anán was nogsteeds soos ń hopballetjie. Uiteindelik doodmoeg en natgesweet by die Sagrada aangekom, maar ons kon nie ons kaartjies skuif nie en wag toe maar op die trappies om in te gaan.

Die Sagrada is ongelooflik indrukwekkend. Defnitief die grootste en asemrowendste Katedraal wat ek al ooit gesien het. Hulle is al 100 jaar besig om dit te bou, en dit sal eers in 2020 klaar wees. Gaudi het dit ontwerp maar verskillende argitekte het al daaraan gewerk en jy kan die eras in die boustyle sien. Wanneer jy ingaan slaan dit aanvanklik jou asem weg. Maar 15min is genoeg tyd om dit in te neem en ons is toe darem betyds vir die trein. Op die stadium het ek die kinders jelly beertjies gevoer sodat hulle moet stilsit. Wat natuurlik die teenoorgestelde tot gevolg gehad het.

Ek was dankbaar vir ń lekker dag, maar MOER dankbaar dat dit tot ń einde gekom het. Terug op die Metro, toe die trein, toe die bus, 700m stap en toe: saligheid. Uiteindelik tuis. Maar ons mos nog eet en die mans het gery om Pizza te bestel. 21:00 was hulle terug en het laat weet dat dit oor ń halfuur afgelewer sou word. ń Uur en half later het hulle maar geloop om dit te gaan haal want toe Jacques bel het hulle laat weet dat dit nog 30minute sou neem!!! Ons het 23:30 geëet. Lekker gekuier en 00:30 gaan slaap. My voete was seer.

Ons het, soos Jacques op pad terug gesê het, die volgende geleer: “dis fokken moeilik om in die oomblik te leef”.

Hulle sit stil want hulle eet jellybabies.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s