Zurich na Barcelona

Dit was verbased warm in Switzerland. Ek het met toe vensters geslaap want eks geraas sensitief en Jacques het in ń ander kamer gaan slaap want hy is hitte sensitief. Haha. Daar was ook muskiete… Ons het darem almal lekker geslaap. Elgin was heel deurmekaar en onsteld want sy het nie haar camping cot gehad nie, en weet nie hoe om sonder ń kot aan die slaap te raak nie. So na ń lang geskree en gesukkel, het sy uiteindelik self op die bed aan die slaap geraak.

Ons het in die dorpie gaan stap verby mooi winkeltjies, bakkerytjies en huise. Die groen pieke, en blink mere in die verte. Switzerland is darem ń prent.

Ons het by die kerkie ingegaan. Dit was soos ń droom. Die mooiste kerke met skilderye teen die dak en pragtige orrelmusiek wat speel soos ons inloop. Die orrelis was besig om te oefen, en sy kan maar orrel speel. Elgin was so gefasineerd met die skilderye en het heeltyd haar hande in die lug opgesteek.

Ons het terug gestap. Ons goed bymekaar gekry, ons gasvrou gegroet en weer die pad te bus en trein na Zurich Lughawe aangepak. Daar aangekom ons tasse gaan haal, ingecheck en deurgegaan. Iewers 2 broodjies geëet vir R300 en toe deurgegaan om te vlieg. Ons vlug was met so 30minute vertraag. Darem kry mens swiss sjokolade op Swiss Air!

Uiteindelik in die lug het ons sjokolade roomys gekry vir ń snack, want die vlug was maar net ń uur.

Toe lank gewag vir ons tasse en ander bagasie. En uiteindelik die Erasmusse by ‘arrivals’ ontmoet.

Toe Decathlon toe vir ń gasbotteltjie, want: koffie. En toe na ons Air bnb huis buite Barcelona. Ons moes nog kos maak: Salm en groente pasta. En het eers omtrent 11uur geëet. Maar dit was ń lekker dag en ek het uitgesien na die volgende dag wanneer ons Barcelona sou verken.

Spanje se klimaat stel nie teleur. Dit is warm hier.

Ons huisie in die agtergrond.

Vars fontein water

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s