Aia, die Pyrenees

Ons het laat wakker geword. Die luike was toe en Elgin en Anán het besluit om ons genadig te wees dié vakansie, en hul slaap omtrent later as ons!

Beskuit en koffie. Natuurlik. En toe gaan draf ons. Want dis mos hoe ń mens regtig die platteland sien. Daar was braambosse al langs die pad. Met heerlike soet vet swartbessies. Ons het so 2 km gedraf op die grondpad, dit was vreeslik mooi!

Ek draf maar stadig. En die bessies het my en Jacques nog stadiger gemaak! Die kinders wou by die dorp se parkie speel, en terwyl ons daar wag sien ons toe ń groot vyeboom vol ryp soet vye! Die soetse, lekkerste vye wat ek in ń lang tyd geëet het. Nadat ons onsself volgeprop het, en nog gepluk het om huis toe te neem, is ons terug om te stort, en te pak, sodat ons verder kon ry na ons volgende bestemming naby San Sebastian : Aia.

Soos ek reeds genoem het, was die stootkarretjie ń mislukking vir staduitstappies, en ons moes ń ander plan maak! Ons moes ook weer piekniek goed koop. Ons kom toe op ons gunsteling supermark, Carrefour, af. Daar kry ons toe piekniekgoed en 2 stootkarretjies wat baie klein opvou: 35€ vir twee!

Daarna was dit weer die soektog na die perfekte piekniek plek, en ons vind dit toe weer met bome en gras en ń parkie, en selfs ń klein supermarkie naby, waar ons nog goedjies kon kry om dit nog lekkerder te maak!

Dit was ń laaaang uitgerekte piekniek. So lekker met ń vreeslike mooi uitsig oor die berge.

Toe is dit tyd vir aanstoot want dit word maar vinnig donker. Die pad het al groener en groener en meer bergagtig geword. En toe voel dit soos net een plek kan voel, die Pyrenees.

Ons het deur ń digte woud by ń pas op gery na ons dorpie, Aia. Ons gasvrou het ons daar ontmoet en die huis vir ons gewys. ń Mooi luukse huis met mooi kamers, wit beddegoed, en ń pragtige uitsig oor die berge en see. Niks kan beter wees nie.

Dit was al laat en ons was honger. Ons is na die dorpie se enigste oop restaurant om te kyk of ons daar iets kon kry. Ons was in Basque land. Ook Spanje, maar nie Spanje, en die mense praat selfs ń ander taal. By die restaurant het die ou baie benoud gelyk vir al die nie-spaans sprekende mense wat kos wou hê. Ek en google translate het darem reg gekom en die vrou wat daar gewerk het was baie hulpvaardig, en het sommer ń ry tapas aanbeveel, waarvoor ek ń net ‘si’ gesê het. Sonder om te weet wat dit kos, of wat ons bestel het. Ons het in die plein langs de groot kerk gesit, en jy kon sien die mense is ‘locals’. En toe kom die kos. Die een ding was lekkerder as die volgende! Slaai en krokette, toe peppers met so spek dingetjie, heerlike vars calamari, kaas en kwepers en toe bestel ons sommer nog krokette en calamari. Ons was so versadig, maar dit was so lekker! En bier, natuurlik bier. En toe is dit tyd vir die rekening… En was ons verbaas. Goeie heerlike kos, wat toe glad nie eers so duur is nie.

Ons het die mense bedank vir hul gasvryheid en betaal, en hul wou weet waar ons vandaan kom. Almal is altyd geskok of verbaas wanneer mens sê dat jy van Suid Afrika is.

By die huis was dit koffie en in die bed. ń Prentjie mooi dag wat ons altyd sal onthou!

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s