ń Spaanse strand dag

Ons het ingelê na ons lang en uitputtende dag in Barcelona, maar het tog baie goeie dinge om daarvan te onthou!

Dit was Sondag, en my pa het voorgestel dat ons die dag by die see spandeer. Ons het ons swembroeke aangetrek, beskuit en koffie geniet en daar gaan ons toe.

Dit was ń vreeslike mooi maar draaierige pad na die see toe. Dis net heuwels vol dennebome so ver soos jy kan sien, daai selfde dennebome wat in die kaap groei.

Die strand waarheen ons wou gaan was in Tossa de Mar, die fotos het baie mooi gelyk, maar soos almal weet kan fotos maar mislydend wees. Daar aangekom het ons die supermark besoek om brood en kaas ens. vir middagete te koop. En toe’s dit uiteindelik tyd vir die strand.

Die foto’s kon nie beskryf hoe mooi die strandjie toe regtig is nie. ń Klein baaitjie, met ń fort teen die een heuwel wat aan die see grens. En almal lekker mense. Bruin mense. Vrouens met kaal bolywe. Mans met speedos. ń Regte Europese strand.

Spaanse mense is lekker mense. Vriendelike mense. Hulpvaardige mense.

Ons het lekker geëet en geswem, koffie gemaak op die strand. Gebak in die son terwyl Elgin ń klein spaanse seuntjie bevriend. Gelê geswem en gelê. Een van die lekkerste stranddae nog ooit, en ook defnitief die lekkerste Europese stranddag nog ooit. Ek was maar nog altyd skepties oor die Europese strande. Soms lyk dit mooi maar is so klipperig dat jy nie op die strand kan sit of loop nie.

Anza, Francois, Dian en Anán wou na die fort gaan kyk en ons het nog ń bietjie bly bak. Toe is dit tyd om huis toe te keer. Ons drafkarretjie het darem ń goeie doel gedien en ons het al ons strandbagasie daarin gelaai.

Terug huis toe het ons gesien dat Katelonia (wat deel is van Spanje maar onafhanklik wil wees) die dag ń politieke optog gehad het. Op elke brug het die mense gestaan en vlae gewaai. Die aand was daar ook ń vuurwerkvertoning. Ai, die soeke na identiteit. Die smag daarna om jou eie mens te wees. Jou eie reëls te hê. Te vat wat joune is. Maar teen watter prys?

By die huis het ons pasta gemaak en gekuier, gepak en gaan slaap want ons moes die volgende oggend vroeg vertrek in ń Noordelike rigting. Vol opgewondenheid vir wat voorlê!

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s