Ons vertrek na die Noorde

Ons vertrek na die Noorde

Ons het ń heerlike tyd in ons huis in La Roca del Vales, Noord van Barcelona gehad! Dit het so lekker deur die aand gereën en afgekoel. Die klimaat is baie soos Durban! Warm en bedompig! Ons het opgestaan, hawermout geëet, gepak en in die pad geval. Ons was op pad na die Noordkus van Spanje waar dit groen en bergagtig is. Maar dit is ń ver ent vanaf Barcelona, veral met die klein paadjies waarvoor ons so lief is. Ons het so 100km op die hoofweg gery en toe afgeklim, en hoe lekker was dit nie om op die stil kronkelpaadjies, deur die pragtige Spanje, te ry nie. Die deel waardeer ons gery het was droog en bruin, met gestroopte koringlande en ou dorpies langs die pad. Al was dit droog was dit steeds so mooi, en ons het al hoe nader aan die berge gekom!

Ons het op ń klein dorpie piekniek goed by ń supermark gekoop. In Europa weeg mens jou eie groente en vrugte! Ek kon egter nie die skaal vind nie, en toe ek by die toonbank kom, vra die kassier toe vir ń man, wat reeds betaal het en op pad uit was, om my te gaan wys waar ek dit moet weeg. Hy sê toe net: “com wit me”, en daar gaan hy. Die mense is regtig so hulpvaardig en vriendelik!

Ons het verder gery en ń piekniekplekkie gesoek. Ons sien toe ń mooi parkie met groen gras en bome in ń dorpie, en stop toe daar. Bier en brood. Lekker!

Die pad het al mooier geraak soos ons gery het deur die klowe. Ons het ń hele ruk later langs die pad gestop om koffie te maak. Die arende het in die lug gedraai en die uitsig was mooi! Dit was ook nie meer so warm nie!

Uiteindelik kom ons toe naby die dorpie waar ons slaap. Apiés. ń Piepklein dorpie op ń koppie, al met smal pas op. So klein, daar is nice and eers ń bakkery nie.

Ons het ons goed afgelaai by ons baie interessante huis, Jacques het gesê dat dit vir hom voel soos ń Harry Potter hide out huis. Drie verdiepings. Daar het ń sterk varkreuk buite gehang en ons het besef dat daar ń varkplaas in die area moes wees.

Na ons afgepak het wou ons gaan verken. Daar kom toe ń spaanse vrou by haar huis uit en daar word toe aan my gevra, deur my familie wat onder die indruk is dat ek vlot spaans kan praat na 3 weke se Duolingo, om vir haar te vra oor ń bakkery of supermark. Sy kon natuurlik nie ń woord Engels praat nie. En ons kon toe uitmaak dat daar niks in die dorpie is nie, en dat die naaste dorp en restaurant 12km berg-af in Huesca is. My ma haal toe haar gooogle translate uit en die tweetjies het toe ń gesprek dmv dié handige app. Sy het selfs aangebied om vir ons iets te gaan koop!

Ons is toe natuurlik Huesca toe vir ietsie te ete. Die eienaars van die huis het ń restaurant aanbeveel “Comomelocomo”. Ons moes eers parkeerplek vind. My pa doen baie goed met die bestuur van die groot bussie! Mens moet maar kophou om aan die regterkant te bestuur, en dan is daar nog die vele sirkels, tolhekke en padtekens in ander tale.

Die restaurant was so 1.2km se stap van die parkering af. Die dorpie was mooi met ń fontein in die plein, en mooi hoë outydse geboue. Die restaurantjie het nie vreeslik mooi of fancy gelyk nie, maar dit was besig, so dit moes lekker wees. Ons het besluit om Tapas te eet, en vrek, was dit lekker! Aspersies met salm en bechamel, eend en lemoen, sirloin met spek e ń yslike stuk bokmelk kaas, aartappel met eier, truffel en “foie” of eendlewer, gebakte aartappeltjies met mayonaise. Alles so smaaklik! En een kelnerin wat omtrent 20 tafels bedien, bestellings neem en kos uit vat, en kophou! Na dit alles was ons natuurlik so versadig! Ons wou nog ń roomys inprop, maar dit was al na 22.00 en alles was reeds toe. Die mense in Spanje eet omtent eers 22.00 in die aand, en baie het eers bestel toe ons loop.
Ons is terug huis toe al met die pas langs en het doodmoeg op ons beddens neergeval. Varkreuk en al.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s