San Sebastian na Liendo

San Sebastian was wonderlik. Van die stadsbesoek, tot die dorpie, Aia, waar ons gebly het met sy nice Basque mense en lekker lekker kos. Maar dit was tyd vir aanbeweeg.

Ons was al goed met die op-pakkery, al kon ons net een op ń slag stort a.g.v die waterdruk…

Ons was op pad na Liendo, wat naby die groot bekende stad, Bilbao is.

Elke keer wat ons op ń mooi plek is, dink ons: dis nou seker die laaste mooi plek, of mooi huis, of mooi klein dorpie, want dit kan mos nie mooier nie. Maar. Elke dag, en elke pad en elke dorpie waardeur ons ry of waar ons kom, oortref my grootste verwagtinge.

Die Noorde wel van Spanje, wel van Barcelona af, is absoluut beeldskoon. Noord-Spanje se kuslyn is ook asemrowend mooi. Met groen kranse en berge wat in die water lê. Noord Spanje is groen, asof die berge groen uniforms aan het. Groen en nat. Daar is minder groot riviere as b.v. Frankryk, maar o so mooi.

Ons ry altyd maar ń mengsel van klein paadjies en hoofweë. Francois wou ons na ń wêreld erfenis gebied neem waar die kranse glo in die see ingaan, en op pad daarheen het ons ń mooi dorpie met ń monument en mooi straatjies gesien. Ons het gestop om na die monument te kyk, en deur die straatjies te loop. Ons het lekker sjokolade croissants gekoop, en Jacques en die ander mans het ook ń pintxo geëet. Toes ons af na die katedraal, en weer spoedig na die kar, want ons parkeerkaartjie het verval.

By Liendo aangekom, het die gasvrou van die huis waarin ons gebly het vir ons by ń vulstasie gewag, om ons te wys waar ons huis is. Ons is deur die dorpie, onder deur die hoofweg wat toring bo ons koppe, en gehoop ons bly nie daar naby nie, darem toe nie, verder gery in plase in, verby trotse pronkende Spaanse perde tot by ons huis: ń Stokou, ek sal nie verbaas wees as dit 400 jaar oud is nie, kliphuis, wat pragtig klassiek en stylvol versier is.

Die vrou kon weereens net Spaans praat, en Danél, wat mos begaafd is in spaans, is weer nader gehark. Die vrou het gebabbel met die spoed van ń sneltrein. Ek is trots om te sê dat ek ń hele paar goed verstaan het, en selfs een of twee goed kon vra. Liendo is “muy bonito” of baie mooi.

Ons het beplan om uit te eet en het gevra vir ń aanbeveling. My pa het die restaurant gebel om te probeer bespreek maar… Geen Engels word gepraat, en die foon is aan Danél oorhandig, OM Ń BESPREKING IN SPAANS TE DOEN!!! En raai wat? Freakin’ nailed it. So trots op my 7 spaanse frases. Waarvan een is om te vra vir ń tafel by ń restaurant.

Ons is na die restaurant toe. Dit was ook my ma’le se 33ste huweliksherdenking, so ons wou dit vier. By die restaurant was daar, prys en loof, iemand wat Engels kon praat en daar was ook ń Engelse spyskaart. Spanjaarde is verseker nié vegetaries nie. Alles het vleis of vis in. Ek bestel toe maar die cuttlefish. Maar o nee, nee, nee. Ek het gesukkel deur daardie bord gebraaide rubber. Nogsteeds ń bietjie naar + iets wat nogsteeds in sy amper oorspronklike vorm in jou bord lê + hard gekou moet word = ek kan dit nie eet nie.

Die ander se kos was heerlik: oxtail, cod en veal cheeks (goodness gracious). Ons het ook baie lekker nagereg geëet, veral Anza en Francois. Daar het ń klein katjie kom kuier by ons tafel, en Elgin was baie in haar noppies, tot die katjie met Anán se haarrekkie begin speel, toe sit Elgin haar voet neer en skree met so ń glaskrakende gil dat die hele restaurant omkyk, en nodeloos om te sê, het die katjie sy klein gatjie af geskrik en weg gehol.

Terug by die huis was dit koffie en salige slaap.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s