Oviedo: the rain in Spain (does not fall mainly on the plain)

Ons het besluit om dit bietjie rustig te vat…
Laat te slaap, te gaan draf, lekker ontbyt te maak: eiers, brood en kaas. Maar ons wou ook nie net niks doen nie, en Oviedo was ń groot stad naby ons, en ons wou bietjie ‘shop’. So ons besluit toe om so 14:00 te ry en dan die stad te verken.

Daar aangekom het ons waarlik omtrent nie by die parkeerterrein ingepas nie. Die dak was so laag! My pa het weer goed parkeer, en toe is ons stad toe. Spanje is egter erg oor hul Siestas. Alles maak toe tussen 14:00 en 16:30. Dis verlate tydens siesta. Ons kom te midde daarvan in Oviedo, en besluit maar om eers na die katedraal te stap terwyl ons wag vir die winkels om oop te maak.

Op pad na die katedraal het dit begin sous! Ek en Anza was gelukkig beman met ons nuwe reënjasse, wat ons vir die eerste keer regtig kon gebruik! Jacques het nie besef Elgin se stootkarretjie se dakkie is oop nie, en toe ons by die katedraal kom was sy sopnat, maar dit het haar glad nie gepla nie.

Mens moes betaal om die katedraal bimne te gaan, so ons het dit maar van

buite bekyk! Toe is ons lus vir ń wyntjie of biertjie en iets om te knibbel. Die ou deel van Oviedo was baie mooi!

Terwyl ons soek na ń eetplekkie het ek en Anán solank roomys gekry!

Dit het weer begin sous en ons moes hol van dakkie na dakkie. Jacques vind toe ń klein kroegie, wat nie te belowend lyk nie, maar ons sit toe maar. En daar slaan ons die bargain van ń eeu: ń Broodjie (groot en smaakvol met baie vleis of tuna gevul), koffie, vars uitgedrukte lemoensap, en koek vir 3€. Ons almal het dus meer as genoeg, en lekker geëet vir omtrent 26€.

Toe is dit shopitty shop tyd. Daar was flipen nice winkels met baie mooi klere. Als afgemerk, want hul somer is verby. Selfs parfuum wat 60% afgemerk is!!

Na ons shopping spree was dit al laat. En ons is weer kar se kant toe. Ek het gou ń koek vir 1€ gekoop met kersies, want dit was Jacques verjaarsdag die volgende dag, en daar gesing word!

By die huis het ons weer so half piekniek kos geëet, te lekker! En toe weer knuffel. Ons was besig om verslaaf te raak aan laataand knuffel sonder om dit agter te kom! Ons het tot laat gespeel, en toe maar sonder donkerkamertjie gaan slaap!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s