ń Luilekker dag

Ons het besluit om die dag net niks te doen nie. Net by die huis te wees en te chill. Ons moes egter vinnig supermark toe vir kos, en is na ń groot Carrefour daar naby. ń Groot carrefour verander altyd ń vinnige supermark uitstappie in meer as ń uur se kyk en vermaak. ‘n Supermark is regtig een vand die besienswaardighede van Europa. Alles is net so anders. Jy weeg jou eie groente, kan yoghurt in glas bottels koop, en en en…

So met middagete (wat eintlik ontbyt sou wees) en aandete in ons mandjies, kon ins uiteindelik betaal en terugkeer.

Ons het te lekker onder die bome geëet. Daarna het meeste van ons ń middagslapie in die tuin gevat. Arme Jacques het vir Elgin aan die slaap probeer maak, en toe sy uiteindelik slaap, was hy nie meer lus vir slaap nie.

Toe almal wakker is het ons ń entjie in die woud langs die rivier gaan stap. So mooi groen met varings en ou murasies.

Terug by die huis het Anza hulle en my pa vir ons kos voorberei: Paella rys met prons (oor die kole gebraai). Prons en salm is baie goedkoop in Spanje.

Ons het ons vingers af geëet. Daarna was dit opruim en toe natuurlik knuffel, ń lekker nagereg wat Jacques aanmekaar geslaan het en koffie.

Die volgende dag moes ons weer begin terug keer in Barcelona se rigting. Ons het net 2 aande saam met my ouers oorgehad en 3 saam met Anza, Francois en Dian.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s