Na die draaipunt

So ń oppakkery elke 2/3 dae maak jou nogals ń geoliede masjien. Elkeen doen iets en dit verloop nou al nogals glad!

Ons is bietjie later weg as beplan, het eers ń baie cool foto by ons huis geneem, en toe moes ons ry.

Ons het gou by ń Supermarkie gestop vir piekniekgoed. En net ń rukkie daarna gestop vir piekniek by ń baie cool park/uitkykpunt. Weer lekker geëet en koffie gedrink. Daar het ń bus vol franse jongmense gestop om middagete te eet, en ons is toe weg.

Ons het maar snelweg gery na ons volgende bestemming want ons was al moeg van al die ry.

Ons het natuurlik ń GPS gevolg, en soos ons amper aankom by die gastehuis, is daar ń baie smal bruggie waar ons moet oor. En die bussie wil nie oor. Ons besef toe daar moet ń ander pad wees, en ‘reverse’ toe met baie moeite, maar kom darem uit.

Die huis was weer ń pragtige ou kliphuis met die mooiste groot tuin, vol ryp vye en appels, langs ń stroompie.

Ons het lekker vye en appels geëet terwyl die gashere my ouers rondgewys het. Die eienaars praat glad nie Engels nie, so hul seun moes kom om te vertaal. Hulle was so oulik en hartlik.

Ons het heel middag buite in die tuin gesit en kuier. Ek het later sommer nachos gemaak en ons het gesmul. Toe knuffel, koffie en slaaaaap.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s