Léon, ń stad van verrassings

Dit was tyd om om te draai. En ons is in die rigting van Léon, ń groterige stad, waarvan ek geen verwagtige gehad het nie.Soos ons Léon benader het, het die omgewing al hoe droeër en minder mooi geraak. Ons ‘apartment’ was die keer in die stad.Terwyl my ma’le na die apartment gaan kyk het, het die res van ons roomys geëet.Toe ons daar aankom het ons besluit om oornagsakke te pak, eerder as om al ons goed stad in en trappe op te dra.Ons het ń rukkie gechill en toe besluit om Léon te verken. Eers het ons na die groot katedraal geloop. So mooi! Daar was baie mense buite met mooi deftige klere aan: ń troue. Met die trouery kon ons vinnig verniet inglip (mens betaal eintlik 6€ om in te gaan).Soos ons uitloop het die gaste ingegaan en dramatiese orrel musiek het begin speel. Toe kom die bruid. En die deure word agter haar toe gemaak.Ons het iets te ete gaan soek, en sommer die plek gaan soek wat deur ons gasheer aanbeveel is. Op pad daarheen was die strate dig vol mense. Mense wat loop en dans en kuier. Dit was ń regte Saterdag aand.Soos ons nader aan die restaurant kom hoor ons dromme en musiek en hardloop gou ń paar strate verder om te kyk wat aangaan. Dit was 14 September. ń Baie belangrike dag op die katolieke kalender. “The exultation of the cross”. Soos ons nader kom het ek hoendervleis gekry. Daar was twee enorme kruise op versierde platforms. Die voorste een het Jesus op die kruis en die agterste een is ń leë kruis. Elke kruis word deur omtrent 30 mans gedra. Tussen die twee kruise is ń orkes. Agter die kruise loop die vrouens met wit kant in hul hare en swart rokke. ń Massiewe optog. Soos die orkes musiek begin speel, loop die hele optog soos een mens. Elke man wat die kruise dra loop presies dieselfde op die ritme van die musiek. Ek was lanklaas so ‘gewow’ deur iets. So loop hulle deur Léon se strate, en as die musiek stop rus hul almal eers. Dan gaan hulle verder.Ons het weer vrek lekker geëet. Maar ek moet sê dat die ryk ongesonde kos my nou bietjie begin vang, en ek was baie dankbaar vir die lekker vars slaai.Ons het op pad huis toe weer roomys geëet.Toe is dit natuurlik knuffel. En slaap. Ek was so beïndruk met die stad!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s